WINTER HENGEL - 2023

MAY / Mei

3 –
10 – 
17 – LL Signature Series
21 – Magic baits
24 –
31 –

June / Junie

7 – SRA
14 – LL SIGNATURE SERIES
19 – Hooked on fishing
21 – Detonator dips
28 – closed

JULY / JuLie

5 –
12 – Fishing monkeys
19 – 
26 – 

August / Augustus

2 – razortooth
9 – ghl fishing
16 – razortooth
23 – detonator dips
30 – 

Visvang SA Winter hengel program.

Tydperk : 1 Mei 2023 tot 31 Augustus 2023

Tyd : 07:00 tot 15:00

Plek : Vosrite Adventures Parys

  1. Hengel program

    1. Vervaardigers word uitgenooi om aan die hengel program te kom deelneem op elke Woensdag van begin datum tot eind datum.
    2. Vervaardigers kies self die datum op die lys van datums. Indien ’n datum reeds gekies is, kan ’n volgende datum gekies word.
  2. Hoe werk dit

    1. Vervaardigers kies self watter produkte die dag gebruik moet word.
    2. Slegs produkte van die vervaardiger mag gebruik word.
    3. Geen vooraf voer plek mag gemaak word nie.
    4. Indien vervaardiger nie sy eie mieliebom het nie sal sy keuse gebruik word. Vervaardiger moet dit ook dan verskaf.
    5. Alles wat gevang word die dag word daar foto’s van geneem en daar word ’n Blog gedoen daar oor op visvangsa.co.za webblad en Facebook.
    6. Alle vervaardigers wat deelneem aan die winter hengel program is dan welkom om hul goed te deel op Visvang SA se Facebook-blad.
    7. Spesie hengel kan op ’n Dinsdagmiddag begin tot die Woensdagmiddag toe.
    8. Geen koste betrokke aan die vervaardiger behalwe die produkte wat hy moet verskaf om mee te hengel vir die dag.
    9. Vervaardiger is welkom om maks. 3 persone vir die dag te bring om te hengel.
  3. Algemeen

    1. Vervaardigers is welkom om meer as 1 datum te kies.
    2. Indien ’n sessie nie kan plaasvind nie kan hy aangeskuif word na ’n beskikbare datum.
    3. Vervaardigers kies self wie kom en Visvang SA nooi nie vervaardigers persoonlik nie.
    4. Vervaardigers kies hulle datums op Visvang SA se Facebook-blad.

Welkom om my direk te kontak vir meer inligting by 072 159 0989

Blog Feeds